Exocoetidae

Exocoetidae
Parexocoetus brachypterus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Exocoetidae
Genera

Die Vlieënde visse (Exocoetidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Beloniformes. Daar is sewe genera met sestig spesies wat hoort tot dié familie en twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

In verskillende visfamilies kom spesies voor wat hulle uit die water kan lig en 'n tyd lank in die lug kan voortbeweeg. Die egte vlieënde visse (familie Exocoetidae) wat in die see leef, kan ondanks hul naam net in die lug sweet of gly. Die werklike klap van vinne, wat met die vlerkbewegings van 'n voël vergelyk kan word, kom net by varswatervisse voor, naamlik bylsalms (familie Gasteropelecidae) en miskien by die vlindervisse (familie Pantodontidae).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search